fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Wreed én mooi is die dood


Tobie Wiese


Al is die dood ’n feit soos ’n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.

In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van ’n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.

Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.

’n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en ’n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs ’n bietjie humor . . . soos die storie oor die jong dominee wat in ’n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.

Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg – ook mooi wees.

 

Tobie Wiese is skrywer, medeskrywer en samesteller van etlike boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van geskiedenis en motorfietsry tot spioenasie. Dit sluit in die topverkoper Geheime Revolusie, asook Vreedsame Revolusie (geskryf namens Niël Barnard), Die Bike-boek (samesteller) en Die verhaal van Elandskloof. In sy lang loopbaan as joernalis het Tobie in verskillende hoedanig-hede by Volksblad, Die Burger, Huisgenoot (nuusredakteur) en Insig (adjunkredakteur) gewerk. Hy is al met Pica - en Mondi-toekennings bekroon vir sy skryfwerk. Tobie het ook by die Departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch klasgegee.

Category:  Afrikaans
ISBN:  9781868429431
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  April 2019
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781868429448  
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru