fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Negentien Minute


Jodi Picoult


“Die leser word geprikkel en met vele vrae gelaat . . . Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs neëntien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.

Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ’n rol daarin gespeel het om ’n innemende, liefdevolle seun in ’n massamoordenaar te laat verander.

In ’n era waarin boeliegedrag toenemend ’n probleem is, hou hierdie meesleurende boek talle insigte in vir ouers, onderwysers en tieners. 

 

Jodi Picoult is ’n gewilde en geliefde skrywer van etlike topverkopers, waaronder My Sister’s Keeper, Nineteen Minutes, The Storyteller en Small Great Things. Sowat 40 miljoen eksemplare van haar boeke is tans wêreldwyd in druk. Meer as 25 romans het al uit haar pen verskyn en haar werk is al in 34 tale vertaal. My Sister’s Keepers is ook in ’n rolprent omskep. Picoult is al verskeie kere bekroon, onder meer met die New England Book Award. Sy woon in New Hampshire in Amerika met haar man en drie kinders.

Category:  Fiction
ISBN:  9781776190003
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  July 2020
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781776190010 
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru