fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting


James Styan


Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiënte ’n harteheler.

Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlike lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap oor die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.

Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.

 

James Styan is ’n voormalige joernalis en die skrywer van Blackout: The Eskom Crisis. Hy is tans die woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake. Styan het aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch gestudeer en as ʼn rekenmeester gekwalifiseer voordat hy ʼn joernalis geword het. Hy was eers ’n finansiële joernalis voordat hy as senior parlementêre korrespondent vir Media24 gewerk het.

Category:  Medical Biographies
ISBN:  9781868428403
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  December 2017
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781868428410  
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru