fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Churchill en Smuts: Die Vriendskap


Richard Steyn


Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wêrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag.

Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wêreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans ’n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Dit is ’n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede – die een die leier van ’n groot ryk, die ander die leier van ’n klein, weerspannige lid van daardie ryk.

 

 

Richard Steyn is ’n oud-Matie wat ’n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het. Hy was redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg van 1975 tot 1990, ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit in 1985/’86, en hoofredakteur van The Star van 1990 tot 1995. Daarna was hy vir vyf jaar Standard Bank se direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie voordat hy weer voltyds begin skryf het.

Category:  Military History
ISBN:  9781868428304
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  September 2017
Format:  Paperback (Afrikaans)
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru