fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Bloedbroers

Deon Lamprecht


“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco Caforio, ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.

Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

Deon Lamprecht is ’n bekroonde nuusjoernalis en gewilde skrywer. Twee Grensoorlog-boeke het reeds uit sy pen verskyn: Tannie Pompie se Oorlog (2015) en Die Brug (2020). In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigter-redakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC. Hy is tans ’n herskrywer by Huisgenoot.

Category:  Military History
ISBN:  9781928248163
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  August 2024
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot EB logo  
reseller loot  
Wordsworth_Books.jpg