fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

50 Jaar met Fred: Fred Mouton se beste spotprente


Bun Booyens and Fred Mouton


Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers.

50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse. Die boek is as’t ware ’n aaneenlopende strokiesprent van Suid-Afrika se wel en wee oor die afgelope vyf dekades – dit dek alles van groot politieke storms en sportdramas tot omstrede figure en huismoles.

In sy sketse wys Fred ook die alledaagse dinge wat mense raak. Die droogtes en die landreën, inflasie wat elke keer net-net voor die verbruiker by die petrolpomp opdaag, die Springbokke wat verloor en dan weer wen.

Fred het tussendeur ook vir Landbouweekblad, Huisgenoot, Weg! en dosyne ander publikasies geteken. Sy humor is kurkdroog, sy sketse komies – en soms ontstellend, maar altyd só bekend.

For the past 50 years, Fred Mouton has been making Afrikaans newspaper and magazine readers laugh out loud with his razor sharp cartoons. Filled with humour and social commentary, this selection of his best cartoons is bound to entertain and inform. It also covers all the major news headlines and news personalities of the past five decades – from Sir De Villiers Graaff to Nelson Mandela and Watergate to ‘Nskandla’.

Bun Booyens het in sy loopbaan as joernalis drie keer by Die Burger gewerk, onder meer as redakteur van 2010-2016.  Hy was ook die stigtersredakteur van die reistydskrif Weg! en die samesteller van die eeufees-boek Die Burger 100 — Sy mense en hul stories (2017). Fred Mouton is al vir vyf dekades Die Burger se spotprenttekenaar — een van net drie karikatuurkunstenaars in dié koerant se 104-jarige bestaan. Hy onder sewe van Die Burger se tien redakteurs gewerk. Hy het oor die afgelope 50 jaar al meer as 10 000 spotprente geteken.

Category:  Art & Craft, Illustrated
ISBN:  9781868429721
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  September 2019
List price:  R320 
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru