Die groot Klopraaiboek: 100 blinknuwe blokraaie

Die taalpraktisyn en letterkundige Annie Klopper het haar liefde vir woorde en algemene kennis ingespan om hierdie blokraaie, of Klopraaie, te skep. Daar is 20 klein raaie wat jy oor jou oggendkoffie kan voltooi, 10 middelslagraaie om in die wagkamer te takel of jy kan oor die naweek of vakansie jou tande slaan in een van die 70 groot blokraaie.

 

Een vir een

Toe jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer misdaadverslaggewer Ami Prinsloo nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie van ’n vuisgeveg wat skrikwekkende gevolge het. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook.

Hotel Bergsig

In die berghange bo die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama wanneer die skuur by die mooi hotel deur ’n brand verwoes word en die eienares, wakend by haar dragtige hond, sterf. Inspekteur Adriaan Kruger moet die vrae en teenstrydighede ontrafel terwyl hy en sy vrou, Karien, hulle voete vind as ouers van ’n jong tweeling.

 

Legkaart

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte naby Barberton verdwyn.

Nou gaan ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het.

Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos.

Maar dan word ’n lyk ontdek. Een van vele . . .

 

 

Bobbob die robo-meerkat en Operasie Slurpslorp

Toe Nandi alleen by haar au pair in die Addo Olifantpark agterbly, tel sy ‘n ronde, turkoois ploemplafsteen op. BOBBOB is op sy vierde sending en is heel verbaas dat aardse Slurpslorpe nie kan skaatsplank ry nie. Met sy vermoë om Olifants te verstaan, skop ʼn Oos-Kaapse avontuur af!

 

 

Checkmate: How Shoprite Checkers Rewrote the Rules

Checkmate is the extraordinary untold story about how the company confronted crisis after crisis, leaning aggressively into sometimes risky cutting-edge technology, and built what is now a near impenetrable digital and physical retail fortress.

 

Diereriem

’n Pakkende literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal, reisverhaal én biegroman, Diereriem is ’n grootse werk, ’n verrassende wending in Van Heerden se reeds breë oeuvre.

My Sister’s Lover

Unputdownable. A shocking love rectangle. Sibling rivalry. Dark, devilish plot twists. – Sue Nyathi, author of The Polygamist