fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Ystervuis Uit die See: Uiters geheime seewaartse Recce-operasies (1978-1988)


Arne Söderlund & Douw Steyn


Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies

 

S.adm. (JG) Arne Söderlund het in 1966 by die Vloot aangesluit en gespesialiseer as ’n bowateroorlogvoeringoffisier. Hy het van 1975 tot 1984 op die vloot se aanvals-vaartuie gedien en in die eindfase van die oorlog in Militêre Inligting. Hy het in 2006 uit die Vloot getree en is tans betrokke by navorsing en die optekening van vloot/militêre geskiedenis. Lt.kol. Douw Steyn het vir 19 jaar as ’n Spesmagte-operateur gedien en in demolisies en sabotasietegnieke gespesialiseer. Hy het die HC ontvang vir mynopruiming onder vuur gedurende Operasie Savannah. Nadat hy in 1981 as operasionale bevelvoerder van 4.1. Kommando aangewys is, het hy verskeie aanvalle op strategiese militêre teikens in Angola en Mosambiek gelei. Hy het in 1996 uit die weermag getree.

Category:  Military History
ISBN:  9781868427796
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  May 2018
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781868427802 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru