fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

VELD Voels van Suider-Afrika: Die Volledige Fotogids


Burger Cillie, Trevor Hardarek, Karen Wiesler, Niel Cillie and Phil Penlington


VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige

kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

 

Burger Cillié is ’n bekroonde natuurfotograaf met meer as dertig jaar se ervaring. Hy is die skrywer en mede-skrywer van meer as vyftien boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild. Niel Cillié is ’n bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is ’n grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ’n spesiale belangstelling in roofvoëls. Phil Penlington is ’n ervare voëlkyker en -fotograaf, die mede-stigter van birdpics.co.za en ’n gereelde deelnemer aan BioChat. Trevor Hardaker is een van SA se mees ervare voëlkykers. Hy is die voorsitter van die BLSA National Rarities Committee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News. Karin Wiesler is ’n kranige voëlkyker en -fotograaf met ’n graad in omgewingsleer en ’n kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA).

Category:  Wildlife: Birds & Birdwatching
ISBN:  9781928363132
Publisher:  Sunbird Publishers |
On sale:  August 2022
Format:  Paperback
eBook ISBN   
BUY ONLINE:
Takealot EB logo reseller loot
Protea Balakudu
Raru Wordsworth_Books.jpg