fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Oorkant jou


Juliana Coetzer


Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

 

 Juliana Coetzer woon in Pretoria en beplan om binnekort weer terug te keer na die Wes-Kaap, maar Namakwaland, waar sy grootgeword het, is steeds haar hinterland. Daar, tussen die gousblomme en klipkoppies, het haar liefde vir woorde sy ontstaan gehad wat uiteindelik gelei het tot die publikasie van haar eerste boek, Bloedvreemd, in 2015. Bedags werk sy as psigoterapeut in haar eie praktyk. Haar gesin is haar gunsteling mense en die Sondag laat-middag braai, die lekkerste tyd van die week.

Category:  Popular Psychology
ISBN:  9781868428151
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  September 2017
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru