fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Louis Botha


Richard Steyn


Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

 

Richard Steyn is ’n oud-Matie wat ’n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het. Hy was redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg van 1975 tot 1990, ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit in 1985/’86, en hoofredakteur van The Star van 1990 tot 1995. Daarna was hy vir vyf jaar Standard Bank se direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie voordat hy voltyds begin skryf het.

Category:  Biography & Memoirs, Afrikaans
ISBN:  9781776190287
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  January 2021
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781776190294 
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru