fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek

Gerda Engelbrecht


Verkies jy blokraaie waar die leidrade binne of buite die raaisel staan, koderaaisels of sudoku? Die Groot Afrikaanse Blokraaiboek bevat dit alles!

Hierdie versameling bevat meer as 200 van die beste blokraaisels en ander speletjies wat in Media24 se gewilde tydskrifte soos Sarie, Weg, Tuis en Landbou-weekblad verskyn het. Dit beloof om jou ure lank te vermaak en uit te daag.

Dit is boonop die perfekte geskenk vir enige blokraaiverslaafde.

Gerda Engelbrecht het geen bekendstelling nodig in die wêreld van blokraaiselverslaafdes nie. Sy stel blokraaisels op vir Huisgenoot en YOU, Landbou-weekblad, SARIE, Tuis/Home, Weg/Go, Die Burger, Beeld, Netwerk24, en News24. Gerda was ook die kreatiewe brein agter die gewilde televisieprogram Huisgenoot Blokraai Bestes op die DStvkanaal VIA. Sy is ’n redakteur by Studio24, ’n afdeling van Media24, en woon in Kaapstad.

Category:  Games
ISBN:  9781776194032
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  June 2024
Format:  Trade Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot EB logo  
reseller loot  
Wordsworth_Books.jpg