fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Beeld 50

Samesteller Erika de Beer


“Nooi, ek praat nie met julle nie. Julle lieg van bladsy een tot die einde . . . maar ek is nie so seker van die sport nie.” – “Kommandant-generaal” Fritz Meyer van die Wenkommando aan Carolien Saayman van Beeld

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring.

Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land. Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is – daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor.

Op die ou end is die belangrikste element die leser. Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”

Erika De Beer het in 1991 as verslaggewer by Beeld begin werk. ’n Dag voor die 1994- verkiesing het sy vir die koerant ’n kantoor in Nelspruit gevestig. Ná draaie in die parlement en by die destydse nuusagentskap Sapa was sy nagnuus-, nuus- en nagredakteur van Beeld. Ná nog draaie by eNuus en Rapport skryf sy nou artikels en rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels ook in Beeld verskyn.

Category:  News media and journalism
ISBN:  9781776193684
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  August 2024
Format:  Paperback
eBook ISBN 
BUY ONLINE:
Takealot EB logo  
reseller loot  
Wordsworth_Books.jpg