fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Amper Frans: ’n Lewe van fanfare en faux pas


Louis Jansen van Vuuren


Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het –  daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.

Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.

Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.

Dit is ’n moet vir Frankofiele!

 

Louis Jansen van Vuuren is ’n bekende kunstenaar wat al meer as 50 uitstalling in Suid-Afrika en oorsee gehou het. Hy was ’n dosent aan die Universiteit Stellenbosch en die Michaelis-kunsskool in Kaapstad voordat hy hom in die laat 1990’s in Frankryk gevestig het. Louis en sy lewensmaat, Hardy Olivier, het lank die La Creuzette-boetiekhotel in Boussac besit. In 2009 het hy en Hardy die boek Feestelike Frankryk/Festive France saam met Anet Pienaar-Vosloo uitgegee. Verskeie van sy kortverhale is al gepubliseer en hy is die skrywer van Die storie van ’n huis en ’n bundel poësie, Tempermes.

Category:  Biography & Memoirs, Afrikaans
ISBN:  9781776190461
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  October 2020
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781776190478 
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
 RW.JPG Balakudu 
 Graffiti Logo.PNG Raru