fbpx

JBP full logo black

icon ecomm1 icon newsletter1 icon fb1 icon twitter1 icon instagram1

Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier


Albert Blake


Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkanting teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

In die vroeë 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar.

Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeu betrokke - van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering. Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme.

In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeë 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade – ’n ankerpunt van apartheidsbeleid – aangestel is. Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei.

Van Rensburg word dikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalk eerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings.

 

Albert Blake is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al sewe boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkopers Boereverraaier (2010), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en ’n biografie van Robey Leibrandt (2019). Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng.

Category:  Biography & Memoirs, Afrikaans
ISBN:  9781776190867
Publisher:  Jonathan Ball Publishers
On sale:  July 2021
Format:  Paperback
eBook ISBN  9781776190874 
eBook: BUY NOW
BUY ONLINE:
Takealot reseller loot
EB logo Protea
  Balakudu 
  Raru